Boereplaas Gasteplaas / Guestfarm

Volg die heerlike aroma van veldblomme tot op Boereplaas, net anderkant Nieuwoudtville.
Dis hier waar jou verblyfopsie skielik vakansie geword het.

Follow the scent of blossoms to Boereplaas, just beyond Nieuwoudtville.
This is where your accommodation option suddenly became a holiday.

Agtergrond / Background

Boereplaas is gelee 13km Suid van Nieuwoudtville (R364) in die hartjie van die grootste bolplant stad ter wereld. Gedurende die jaar word gaste vermaak deur pragtige veld blomme wat hulle verskyning maak op die tyd wat hulle pas. Ons bied gerieflike akkommodasie, wandel roetes, fietsry roetes en ons alom gewilde BLOMROETE  (spog met ons rooikatsterte (Bulbinella latifolia subsp. doleritica)) aan. Ons bedryf ook ‘n Plaasstal wat slegs gedurende blomtyd (Augustus en September) oop is vir die publiek. Lip lekker Soppe en Roosterkoek is ons beproefde ervaring wat ons bied. Kliek hier om meer te lees van Boereplaas stal. 

Boereplaas is located 13km south of Nieuwoudtville (R364) in the heart of the largest bulb plant city in the world. During the year, guests are entertained by beautiful fields of flowers that make their appearance at the time that suits them. 

We offer comfortable accommodation, walking routes, cycling routes and our widely popular FLOWER ROUTE (we boast with our rooikatstert (Bulbinella latifolia subsp. doleritica)). We also operate a Farmstall which is only open to the public during flowering time (August and September). Mouth-watering Soups and Roosterkoek are our proven experience that we offer. Click here to read more about Boereplaas Farmstall.

Kamers | Rooms

Die gastehuis kan 8 gaste met gemak akkommodeer in 3 verskillende slaapeenhede naamlik:   Boereplaas, Hezimon en Soutbos. 

The guesthouse can accommodate 8 guests in 3 different sleeping units namely:                   Boereplaas, Hezimon and Soutbos. 

Aktiwiteite | Activities

Die Nieuwoudtville-omgewing bied oorgenoeg vermaaklikheid reg deur die jaar vir gaste. Op die plaas glo ons daaraan om ‘n ervaring vir al ons gaste te kan bied. Oorweeg die volgende:

  • Plaasstal gedurende seisoen tye
  • blomroete
  • wandelroete oor klipkoppe
  • wilde voel besigtiging
  • fietsry roetes (e-bikes welkom)

The Nieuwoudtville area offers plenty of entertainment. On the farm we believe to give guests more then enought to explore. there fore Boereplaas has the following to offer:

  • Farmstall during flower season
  • flower route
  • strolling / hiking route over “klipkoppies” (rocky hills).
  • wild bird watching
  • bike routes (e-bikes welcome)

"pragtige B&B by die oulikste mense!"

"Gister het ek die geleentheid gehad om 'n paar foto's te neem by Boereplaas Gasteplaas van hulle pragtige B&B by die oulikste mense! Ek het dit so geniet om hierdie foto's te neem op hulle plaas. Alles is pragtig en tot die perde en hulle oulike hondjie, Vlooi, was ook deel van die foto sessie"
Carla Diener

drie Kamers | three rooms

 Braai fasiliteite is beskikbaar buite elke eenheid. Daar is geen wasgoed-fasiliteite nie en geen troeteldiere word toegelaat in die eenhede nie. 
Braai facilities are availible outside each unit. There are no laundry facilities and no pets are allowed in the units.

Boereplaas

Slaap 4 mense

  • Selfsorg 
  • ruim vertrekke
  •  leefarea met eettafel
  • 2 enkelbeddens in leefarea
  • gesamentlike badkamer met stort
  • 1 slaapkamer met dubbelbed
  • yskas & vrieshokkie
  • ketel
  •  koffie, tee & suiker 
  • gratis wifi

Hezimon

Slaap 2 mense

  • Selfsorg
  • modern & oopplan
  • buitestoep met afdak
  • dubbelbed met elektriese kombers
  • en-suite badkamer met stort
  • yskas & vrieshokkie
  • elektriese oond & stoofplate
  • mikrogolf & ketel
  • koffie, tee & suiker
  • gratis wifi

Soutbos

Slaap 2 mense

  • Oornag Kamer
  • ketel 
  • koffie, tee & suiker
  • modern gemeubileerd met historiese elemente
  • dubbelbed met elektriese kombers
  • en-suite badkamer met stort
  • nie-onderdak parkering
  • pragtige sonsondergang (ideaal vir fotograwe)
  • gratis wifi

Sleeps 4 people

  • Self Catering 
  • spacious rooms
  •  living area with dining area
  • 2 single beds in living area
  • shared bathroom with shower
  • 1 bedroom with double bed
  • fridge with built-in freezer
  • kettle
  • coffee, tee & sugar 
  • free wifi

 

Sleeps 2 people

  • Self Catering 
  • modern & open plan
  • porch
  • double bed with electric blanket
  • en-suite bathroom with shower
  • fridge with built-in freezer
  • Electric oven & stove tops
  • microwave & kettle
  • coffee, tee & sugar 
  • free wifi

Sleeps 2 people

Room only

  • kettle
  • coffee, tee & sugar 
  • modernly furnished with historical elements
  • double bed with electric blankets
  • en-suite bathroom with shower
  • non-roofed parking
  • beautiful sunset (ideal for photograhers)
  • free wifi
Please enable JavaScript in your browser to complete this form.
Name

inligting | information

Baie welkom by Boereplaas B&B!

Welcome to Boereplaas B&B!

Van Aftap-put tot Plaasstal:

Die nadraai van die droogte is nog op almal se lippe, maar op Boereplaas sowat 13km Suid van Nieuwoudtville (Noord-Kaap) is ‘n nuwe Plaastal gebore in 2021. Op Sondae middae is gewoonlik planne maak tyd vir my en die idee het juis op Sondag tot stand gekom. In droogte maak mens planne, misluk jou planne, verbeter jy op vorige planne en dink jy in sirkels totdat jy weer by die beginpunt kom en besef dat jou HANDE wat vir jou gegee is jou uniekheid kan uitbeeld.

‘n Aftapput wat vir baie mens vol olie en hangende ligte onder ‘n ryding is, word toe my Plaasstal (Boereplaas stal). Dit het ons sowat 2 maande gevat om alles te ontruim, jare se onafgekalkte mure af te kalk en in te rig na my smaak met meubelstukke wat op die plaas te vinde was. Daar is nog verwikkeling in die pyplyn vir 2023 asook 2024 wat die plaasstal net nog meer lewe sal gee.

Wie kan onthou van die Dover, Agga jare? Nou toe, kom drink ‘n heerlik koppie Plaaslik geproduseerde Rooibos tee wat heeltyd prut op ons Dover stoof en geniet die hitte nog ook daarby.  

VIR DIE MAAG: Heerlike vars gemaakte gemmerbier, turksvysap, geperkuleerde koffie, plaaslik vervaardigde bokkeveld Rooibos tee, wegneembare tuisgemaakte peuselhappies, tuisgemaakte konfyte, gebottelde produkte, vars Sop en Roosterkoeke elke dag, melktertjies en heerlike wortelkoek kolwyntjies, net om party van ons produkte te noem. Al die gebottelde produkte word gemaak in Boereplaas se kombuis deur Almé van Wyk reg deur die jaar.

Die Plaastal se eetarea het ‘n unieke uitleg waar gaste hulle Lip lekker soppe en vars Roosteroeke kan geniet. In die eetplek spog ons met oudhede vanaf vorige geslagde wat inwonende was. So terloops my Man is die 6de generasie wat tans boer en my seuntjie (Klong) is die 7de opvolgende geslag. Daar is onder andere ‘n outydse skeermasjien met al sy toebehore wat besigtig kan word.

VIR DIE SIEL: Boereplaas beskik oor:

‘n Beeldskone blomroete (10km) wat bekend staan vir die Rooikatstert en Geelkatsterte  gedurende blomseisoene. Interessant die Rooikatsterte (Bulbinella latifolia subsp. doleritica) kom net voor in die rooigronde wat tussen klipkoppe te vind is. Indien die reën op die regte tye gedurende Maart-maand val, maak die Maartblomme/ Maartlelies hulle koppe oop en weereens dis ‘n prentjie om te kom beleef. In die maand Junie of Julie is die wit-sporie ook te sien op die roete, dit lyk kompleet soos ‘n sneeu land (asemrowend).

Twee fietsry roetes wat onderandere deur die blomroete strek (10km) en vir die meer avontuurlustige persone is daar ‘n roete wat meer gevorderde fietsryers kan geniet wat strek oor 40km. Eie drinkgoed moet voorsien word. Permitte is te  kry by Almé van Wyk op die perseël.

Staproetes is glad nie beperk nie, hoe loop ons gesegde op Boereplaas  ” Stadige trappers is slim trappers”. Op die blomroete is wel geleentheid vir gaste om te stap oor 3 klipkoppe wat later ‘n uitsig het oor die Geel en Rooi katstert. Die roete is sowat 0.78km in totaal.

Tennisbaan vir inslapende gaste wat dit tot hulle ontspanning wil gebruik. Tennis toerusting moet self voorsien word. Daar is wel ‘n tennisnet op die baan.

Voëlkyk op die blomroete en in die veld is glad nie besperk nie.

VIR DIE LIGGAAM: Ons beskik oor 2 eenhede wat selfsorg opsies is en dan ‘n oornagkamer. Besoek my webblad by www.boereplaasbb.co.za vir meer inligting.

WAAR: 13km Suid van Nieuwoudtville op die R364 wat lei na ClanWilliam. Koördinate: 31°27’27.47”S 19°11’10.14”E

TYD: Boereplaas stal open om 10:00vm en sluit bedags om 16:00nm. Elke dag oop van die week binne seisoentye.

WANNEER: Volg die sosiale media blad op Facebook vir datum.

KONTAK: Almé van Wyk – 082 784 7449 (Whatsapp alleenlik)

027 218 1024

EPOS: info@boereplaasbb.co.za

FACEBOOK: Boereplaas Guest Farm

 

From Drainage Well to Farm Stable:

The aftermath of the drought is still on everyone’s lips, but on Boereplaas about 13km south of Nieuwoudtville (Northern Cape) a new Farm Valley was born in 2021. Sunday afternoons are usually plan making time for me and the idea did come into being on a Sunday. In drought-time you make plans, your plans may fail, you improve on previous plans and think in circles until you come back to the starting point and realise that your HANDS given to you can portray your uniqueness.

A drainage well, which for many people is full of oil and hanging lights under a road, then became my Farm Stall (Boereplaas Farm Stall). It took us about 2 months to clear out everything, clean the walls and furnish to my taste with pieces of furniture that could be found on the farm. There is still development in the pipeline for 2023 as well as 2024 which will only give the farm stall even more life.

Who can remember the Dover, Agga years? Now then, come drink a delicious cup of locally produced Rooibos tea that is constantly simmering on our Dover stove and enjoy the heat on top of that.

FOR THE STOMACH: Delicious freshly made ginger beer, Pricly pear juice, percolated coffee, locally produced bokkeveld Rooibos tea, takeaway homemade snacks, homemade jams, bottled products, fresh soup and roast cakes every day, milk tarts and delicious carrot cake cupcakes, just to name some of our products. All the bottled products are made in Boereplaas’ kitchen by Almé van Wyk right through the year.

The Farm Stall’s dining area has a unique layout where guests can enjoy their delicious soups and fresh roasts. In the dining area we boast antiques from previous generations who were residents. By the way, my Husband is 6th generation that is currently farming and my son (Klong) is the 7th generation. Among other things, there is an old-fashioned shaving machine with all its accessories that can be viewed.

FOR THE SOUL: Boereplaas has:

A picturesque flower trail (10km) known for the Rooikatstert and Yellow Cattail during flowering seasons. Interestingly, the Rooikatstert (Bulbinella latifolia subsp. doleritica) only occur in the red soils that can be found between stone heads. If the rain falls at the right times during the month of March, the March flowers/March lilies open their heads and it’s once again a picture to come and experience. In the month of June or July, the white track can also be seen on the route, it looks completely like a snowy country (breathtaking).

Two cycling routes include the flower route (10km) and for the more adventurous there is a route which more advanced cyclists can enjoy which stretches over 40km. Own drinks must be provided. Permits can be obtained from Almé van Wyk on the property.

Walking routes are not limited at all, as our saying goes on Boereplaas “Slow hikers are smart hikers”. On the flower route, there is an opportunity for guests to walk over 3 stoney hills which later have a view of the Yellow and Red Cattail. The route is about 0.78km in total.

A Tennis court is available for overnight guests who want to use it for their relaxation. Tennis equipment must be provided by yourself. There is a tennis net on the court.

Bird watching on the flower route and in the field is not restricted at all.

FOR THE BODY: We have 2 units that are self-catering options and then an overnight room.

WHERE: 13km South of Nieuwoudtville on the R364 leading to ClanWilliam. Coordinates: 31°27’27.47″S 19°11’10.14″E

TIME: Boereplaas stable opens at 10:00am and closes during the day at 16:00pm. Open every day of the week during seasonal times.

WHEN: Follow the social media page on Facebook for a date.

CONTACT: Almé van Wyk – 082 784 7449 (Whatsapp only)

027 218 1024

EMAIL: info@boereplaasbb.co.za

FACEBOOK: Boereplaas Guest Farm

Nieuwoudtville

In Nieuwoudtville is u op die suid-westelike deel van Boesmanland op ‘n dorpie wat al bekend staan as (1) “Boland van die Noordweste.  
U is hartlik welkom hier! Die volgende kan oorweeg word om te besoek:

In Nieuwoudtville you are on the South West side of Bushman Land in a town well known as (1) “Boland of the North West”.
You are very welcome here! The following can be considered to be visited:

(2) Die Matjiesfontein padstal buite die dorp, langs die grondpad na ClanWilliam (R364). Daar, in die ongeveer 200 jaar oue skoolgeboutjie, is heerlike eet- en drinkgoed en miskien is u gelukkig genoeg om die eienares, Lana van Wyk, daar te ontmoet. Sy weet alles van die omgewing… vra maar net!

(2) The Matjiesfontein padstal outside town, on the gravel road to ClanWilliam (R364). You will find delicious drinks and eats in this old school building which is approximately 200 years old. You might be so lucky to meet the owner, Lana van Wyk. She is likely the most informed individual regarding our special town. Don’t be afraid to pick her mind.

Ja, dis waar! Net sowat 5km buite die dorp op die Loeriesfontein pad (R357) is hierdie pragtige (3) waterval skouspel waar die water van die Doornrivier sowat 90m na benede tuimel. Dit is veral skouspelagtig in die reënseisoen.

Yes, believe it or not! About 5km outside town on the Loeriesfontein road (R357), is this magnificent (3) waterfall site where water from the Doorn River spills approximately 90m downwards. It is especially breath-taking during the rainy season.

Nieuwoudtville het ook ‘n eerste in die wêreld! Net buite die dorp oppad Loeriesfontein toe (R357) is die grootste (4) Kokerboom-woud ter wêreld. Gaan stap gerus tussen meer as 5 000- 8 000 kokerbome en steek tong uit vir die res van die wêreld.

Nieuwoudtville can also claim a first worldwide! Outside town on the way to Loeriesfontein (R357) you can find the biggest (4) Quiver Tree Forest in the world. Take a hike among more than 5 000 – 8 000 Quiver Trees and be the envy of your friends at home.

Daar is verskeie historiese geboue op die dorp. (5) NG Kerk-gebou  is met die plaaslike Tafelbergsandsteen in die tipiese Gotiese Kruiskerk-styl gebou en is oop vir besoekers. 

The (5) NG Church Building has been built with the famous Tafelberg sand stone in typical Gothic Cross Church style and is open to visitors.

Gedurende die Angloboere-oorlog is (6) pastorie van ds CA Neethling as ‘n fort deur die Engelse soldate gebruik en op die oewers van die Willemsrivier staan ‘n geboutjie wat deur generals Smuts en Maritz as kantoor gebruik is.

During the Anglo Boere War, the (6) parsonage of pastor CA Neethling was used as a fort by English soldier. On the river banks of the Willems River, is also a small building that was used as offices by generals Smuts and Maritz.

Geleë op die plaas OOrlogskloof sal jy die (7) Oorlogskloof-gletservloer op die R364 in die suidelike kant van Nieuwoudtville kry. Hier is gletsergroewe, spoelklipbevattende sandsteen asook bolvormige bodemvorme. Daar is ook kleiner rotsfragmente wat toetertyd onder ander gletsers vasgesit het en wat skraapmerke op die sagte bodem uitgeskraap het.

(7) Oorslogskloof Glacier Floor can be found on a farm named ‘Oorlogskloof’ south of Nieuwoudtville (R364). You will be able to see glacier grooves, coil rock, sand stone as well as spherical forms in the bedding. Grooves in the soft bedding, which is a result of smaller rock fragments which were attached underneath glaciers ages ago, can also be seen.

As die tyd u toelaat, ry gerus so 63 km na (8) Loeriesfontein se windpompmuseum (R357) waar jy 27 soorte windpompe, wat op die eertydse skooltjie se speelterein aangebring is, kan sien. Die Windpomp- en Fred Turner museum is twee museums wat lepellê. Die een is op die eertydse skooltjjie se terrein en die ander een in ‘n ou Baptistekerk.

(8) Loeriesfontein Windmill Museum. If you have time on hand, travel further 63km on the R357 to see the 27 different types of windmills which were built on the former school’s playground years ago. The Windmill and Fred Turner Museum are located adjacent to each other, the one at the former school ground and the other is in the old Baptist Church.

Ten laaste….. As u vuurwarm, dood van die dors en stokflou is moet u ‘n draai maak by die  (9) Nieuwoudtville Hotel  vir ‘n yskoue drankie en ‘n heerlike bed. Hierdie gebou wag al 100 jaar op jou besoek. Die O’Kennedys wat vir die afgelope 48 jaar eienaars van die hotel is sal u hartlik welkom heet.

(9) Nieuwoudtville Hotel. The best for last. If you are hot and bothered, thirsty and travel rotten, then the best advice is to end the day at this hotel for an ice cold drink and a comfortable room. The historic building awaits your visit for the last 100 years already. The O’Kennedy’s, who have been the owners for the last 48 years, will be delighted to welcome you and your family.

Indien u te lank rond gerits het en jou maag jou herinner aan ‘n “iets om aan te pesel of eet” kan u die volgende eetplekke oorweeg:

  • As u in die hoofstraat ry sal u moet links afdraai na die “Smidswinkel”. Hulle bedien gekookte etes maar jy moet ongelukkig vooraf bespreek by 027 218 1535.
  • Indien jou hart na ‘n snytjie heerlike koek smag, is “Antjie se eetplek” aan die linkerkant net die plek vir jou. Bel gerus vir Annelize Myburgh by 082 959 3514.
  • Sowat 100m verder sal jy die koöperasie aan jou linkerkant sien. Jy sal ook nou die kerkgebou vandaar sien. Daar moet jy by die inligtingskantoor stop vir meer inligting. Smul sommer aan ‘n heerlike “Nieuwoudtville” pannekoek in die “kerksaal” waar ‘n klomp ander tuisvlyt ook beskikbaar is.
  • Beweeg dan weer terug in die hoofstraat (Voortrekker straat). Stop by die “Hantam slaghuis” vir heerlike biltong en droëwors, asook smaaklike steak en allerhande interresante veisprodukte. Bel gerus by 027 218 1007.
  • Hou nou net reguit aan in die Hoofstraat en vind “Die Nedersetting” aan jou linkerkant. Hulle is daagliks oop vir ontbyte, middagetes asook aandetes. Bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom. Bel Die Nedersetting by 027 218 1897.
  • Indien jy hou van tuisgebakte produkte moet jy by die “Skuinskoek Paleis” ‘n draai maak. Die plekkie is geleë net buite die dorp op die grondpad, oppad ClanWilliam toe. Bel vir Hester van Wyk by 078 553 1525.
  • As jy na jou ouma se Kookkos verlang, sal ”Matjiesfontein padstal” net die plek vir jou wees. Van Afval, tamatiekos, boboties asook gemmerbier word daar verkoop. En glo my daardie tannies mag maar. Bel gerus vir Lana van Wyk vir ‘n bespreekte ete by 082 813 2805.
  • Moet tog net nie vergeet van die heerlikste Sop & roosterkoek wat bedien word by ons eie “Boereplaas stal” nie. Ons is elke dag oop vanaf 10:00 tot 16:00.
  • You might feel like something to eat or nibble after all the travelling and sightseeing. Here are a few options:
  • As you drive into Nieuwoudtville, you may turn left at the second street towards “Smidswinkel”. They serve lovely home cooked meals, but make sure to book in advance at 027 218 1535.
  • Approximately 20m further you will find a coffee shop on your left hand side “Antjie se eetplek”. Have a visit and taste her homemade light meals as well as a piece of cake and coffee. Call her at 082 959 3514.
  • Further down the road you will find the “Koöperasie” on the left. The church building will now also be visible. Stop at the information office for more information regarding our lovely town, while enjoying a scrumptious “Nieuwoudtville” pancake in the “Church hall” where numerous handmade products can also be found.
  • Travel back onto the main road (Voortrekker Road). Stop at the “Hantam Butchery” for the best biltong and droëwors, as well as delicious steak and numerous fresh cuts of meat. Call Hantam Butchery at 027 218 1007.
  • Just keep on driving along the main road to find “Die Nedersetting” on your left. They provide excellent breakfasts, lunches as well as dinners. Please book in advance to avoid disappointment. Phone Die Nedersetting at 027 218 1897.
  • Continue in the main road till you find the gravel road. 5M from the beginning of the gravel road you will find “Skuinskoek Paleis” on your right hand side. Visit her and ask for the famous Skuinskoek. Call Hester van Wyk at 078 553 1525.
  • If you long for Ouma’s home cooked meals, then “Matjiesfontein padstal” will be the perfect place for you. There you will find traditional dishes like ‘Tribe’, ‘tamatiekos’ as well as Ginger beer on the menu. Homemade like only the local tannies can do it. Phone Lana van Wyk and book a meal at 082 813 2805.
  • Please don’t forget about our delicious Soup & Roosterkoek that “Boereplaas stal” has to offer. we are open every day in season from 10:00 till 16:00.

Wat om te verwag | What to expect

Dit is die ideale vakansieverblyf om ons asemrowende omgewing se natuurskoon te ontdek.  Geniet die aroma van welige veldblomme wat ‘n fees vir die oog is tydens die blomseisoen. Nieuwoudtville is geleë op die Bokkeveld Plato, waar Kaapse Fynbos met die Hantam Karoo, Boesmanland en die Knersvlakte ontmoet. Dit is ‘n omgewing waar die ervaring van stilte, spasie en sterre bydra tot ‘n kalm en vreedsame lewenswyse.

It is the ideal place to visit as a family, from where our beautiful countryside can be explored.  Enjoy the aroma of our breath-taking flowers which is an absolute feast for the eyes during the flower-season. The village of Nieuwoudtville lies on the Bokkeveld Plateau, where the Cape Fynbos meets the Hantam Karoo, Boesmanland and the Knersvlakte. It is a place where the experience of silence, space and stars contribute to a tranquil way of life.